Met ‘n rits treffer-albums op haar kerfstok, het Riana Nel haar die afgelope jare gevestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek. Sy het bekendheid verwerk as gospelsangeres met albums soos Oopmond (2001), The Cure (2003) en Someone with Skin (2006). In 2011 is haar eerste sekulêre album, Die Moeite Werd vrygestel met Die Regte Tyd in 2014 en Jy Sal Weet in 2016. Met treffers soos “Die Moeite Werd”, “Dans”, “Soos die Son”, “Tyd om te Lewe”, “Tweede Kans” en “Weier”, het sy haar nie net in Suid-Afrikaners se harte ingesing nie, maar haarself ook gevestig as een van die talentvolste Afrikaanse liedjieskrywers vandag. Riana is ook vir drie Huisgenoot Tempo-toekennings in die volgende kategorieë benoem: Kontemporêre album van die jaar, musiekvideo van die jaar en liedjie van die jaar.